Skip to content
Artwork for Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Play
  • 76 episodes
  • daily
  • Avg 49 min
  • Afrikaans
Counted on this page — what you have heard stays on this device, so it is not something the list can be paged by.
  • Today · 50 min

    Spektrum: Swartvrydag se slaggate

    27 November 2026: Die Konstitusionele Hof wys twee betwistings van die Wet op Nasionale Gesondheidversekerig van die hand. Talle munisipale rade word vandag saamgestel. Ons praat met 'n ekonoom oor Swartvrydag se slaggate.

  • Yesterday · 46 min

    Spektrum: Koalisiegesprekke duur voort in Gauteng

    26 November 2026: Koalisiegesprekke duur voort in Gauteng se metro's. Dit neem tans tot 20 dae vir skepe om hulle vrag in die Durban-hawe af te laai - ons praat oor die risiko vir die land se ekonomie. Kommer dat duisende werksgeleenthede in die slag sal bly indien die suikerreus, Tongaat Hulett, vou.

  • Wednesday · 48 min

    Spektrum: Kommer oor aflegging van onderwysers

    25 November 2026: Ons praat met 'n regskenner oor die tersydestelling van die Phala Phala-paneelverslag. Kommer oor afleggings van onderwysers in verskeie provinsies. Ons bespreek die jongste koalisie-onderhandelings met twee ontleders.

  • Tuesday · 51 min

    Spektrum: ANC gee koalisie-besluitneming terug aan plaaslike leiers

    24 November 2026: Die ANC gee sy besluitneming oor koalisies terug aan plaaslike leiers in rade. Productivity SA maak sy jongste produktiwiteitsyfers bekend. Die Regsentrum vir Biodiversiteit soek meer duidelikheid van die regering oor kwotas vir sardynvangste.

  • Monday · 48 min

    Spektrum: Verkiesing van Johannesburg-burgemeester dalk vertraag

    23 November 2026: Die verkiesing van 'n nuwe burgemeester vir die Johannesburg Metro kan dalk vertraag word. Opeenhopings by Durban se hawe vertraag kleinhandelaars se voorraad vir die feesseisoen. Geen ooreenkoms is by die COP 31-klimaatsberaad bereik nie.

  • November 20 · 51 min

    Spektrum: ANC praat met SAKP oor koalisies

    20 November 2026: Moord neem af in die tweede kwartaal van die 2026/27-boekjaar. Die ANC betrek die SAKP by gesprekke om koalisies in onbesliste munisipale rade te vorm. 'n Vermiste Suid-Afrikaanse valskermsoldaat se oorskot is moontlik ná 48 jaar gevind.

  • November 19 · 51 min

    Spektrum: EFF hoop op koalisieooreenkoms met ANC, ActionSA en MK

    19 November 2026: Die EFF hoop om teen môre 'n koalisieooreenkoms met die ANC, ActionSA en die MK-Party te beklink. 87% van onderwysers en ander personeel se agtergrond is nog nie nagegaan nie. Dokters waarsku dat mense moet ophou rook om hulle risiko vir pankreaskanker te verminder.

  • November 18 · 53 min

    Spektrum: Inflasie styg tot bó 5%

    18 November 2026: Inflasie styg tot bó vyf persent. Die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord sukkel om sy mandaat uit te voer. Reaksie op Wêreldrugby se besluit om die Bokbreier vir ses wedstryde te skors.

  • November 17 · 52 min

    Spektrum: ActionSA/ANC-koalisies in Gauteng?

    17 November 2026: Koalisieonderhandelings is steeds aan die gang, maar bewerings doen die rondte dat ActionSA saam met die ANC en kleiner partye koalisies in Gauteng se metro’s gaan vorm. Kiesers in Douglas in die Noord-Kaap kry 'n tweede kans by die stembus. Duisende voormalige munisipale raadslede kry tot drie maande se salaris as uitbetaling ná die plaaslike regeringsverkiesing.

  • November 13 · 48 min

    Spektrum: SAOG waarsku oor hernude stryd teen MIV, TB en malaria

    13 November 2026: Die Onafhanklike Verkiesingskommissie publiseer vandag die name van raadslede wat as verkies verklaar is. Sowat 150 000 aansoeke vir polisierekruut-poste is sedert Oktober deur die polisie se werwingseenheid ontvang. Waak teen politici se mooi praatjies oor kernkrag, waarsku 'n kenner.

  • November 12 · 46 min

    Spektrum: Riglyne om bestendige koalisieregerings te bevorder

    12 November 2026: Die regering reik riglyne uit om meer bestendige koalisieregerings in munisipaliteite te bevorder. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee vergader om die uitslae van die pas afgelope verkiesing te bespreek. Groot dele van Johannesburg is steeds sonder krag ná twee ontploffings by die Mayfair-substasie.

  • November 11 · 48 min

    Spektrum: Minister van Elektrisiteit ondersoek moontlikheid van laer kragpryse

    11 November 2026: Politieke partye stel hulle voorwaardes namate onderhandelinge oor die vorming van nuwe plaaslike regerings begin. Spanning tussen die taxi-organisasies, CATA en Codeta, in die Wes-Kaap loop steeds hoog ondanks mediasiegesprekke. Die minister van elektrisiteit en energie, dr. Kgosientsho Ramokgopa, sê hy ondersoek die moontlikheid om kragpryse goedkoper te maak.

  • November 10 · 51 min

    Spektrum: Matriekeksamen-knoeiery in Wes-Kaap

    10 November 2026: Matriekeksamen-knoeiery steek kop uit in die Wes-Kaap. Vusimuzi Cat Matlala sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Skietvoorvalle en -sterftes duur voort in Westbury aan Gauteng se Wes-Rand, ondanks polisie-ingryping en die ontplooiing van die Weermag.

  • November 9 · 50 min

    Spektrum: ANC in Oos-Kaap sê hulle moet selfondersoek doen

    9 November 2026: Die ANC in die Oos-Kaap sê dit is tyd dat dié party selfondersoek doen nadat hy sy meerderheidstem in nege munisipaliteite verloor. Intussen is koalisegesprekke regoor die land in volle swang. Munisipale bestuurders het nou 14 dae om nuwe raadsaanstellings te doen. Die Madlangakommissie van Ondersoek se openbare sittings word vandag hervat.

  • November 6 · 51 min

    Spektrum: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum

    6 November 2026: Koalisiepolitiek kry nuwe momentum namate die ANC steun verloor. Suid-Afrika se verkiesingsuitslae is onder die vergrootglas van internasionale kredietgraderingsagentskappe. Graan SA se dringende interdikaansoek teen die JSE word vandag aangehoor.

  • November 5 · 50 min

    Spektrum: Die rand versterk, en die olieprys daal

    5 November 2026: Uitslae van die plaaslike regeringsverkiesings stroom van oral in. Ons praat met verslaggewers, die Verkiesingskommissie en politici. Die rand styg, en die olieprys daal.

  • November 2 · 53 min

    Spektrum: Dag 1 van spesiale stemme

    2 November 2026: Die polisie word geloof vir die vastrek van verdagtes betrokke by die aanval op die boer, Donovan Marx. Spesiale stemme word landwyd uitgebring. Die polisie sê geweld sal nie tydens die verkiesing geduld word nie.

Showing 1–20 of 76 episodes