Skip to content
Artwork for Rapport Praat Sport
SportsRugby

Rapport Praat Sport

Netwerk24 Klankgolwe

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

Play
  • 23 episodes
  • weekly
  • Avg 23 min
  • Afrikaans
Counted on this page — what you have heard stays on this device, so it is not something the list can be paged by.
  • S0 · E0
    Yesterday · 17 min

    Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

    Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    August 26 · 15 min

    Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

    Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen. Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets. Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    August 19 · 19 min

    Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!

    Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    August 12 · 18 min

    Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees?

    Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer? Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    August 5 · 31 min

    Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl

    Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl. Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander? Ons verwys ook na die oud-Affies-stut Deon Botes wat vir vier jaar geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel. ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    July 29 · 23 min

    Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets?

    Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    July 22 · 23 min

    Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

    Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, maar sê dit is nog heeltemal te vroeg om Kolisi af te skryf. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    July 15 · 14 min

    Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

    Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    July 8 · 27 min

    Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets

    In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span skitterend belyn gekry het... en oor hoe dankbaar ons is daar is dié naweek net een Damian in die span, om enige Speler van die Wedstryd-verwarring te vermy. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    July 1 · 12 min

    Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’

    Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke. Volgens hom is die Engelse se kapokhaan-flank Henry Pollock ’n uitstekende speler – “hy moet net die sideshows los”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    June 24 · 30 min

    Waar is Iere wat Nienaber gas gee?

    Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    June 17 · 22 min

    Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’

    Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het egter nooit geloof verloor nie,” sê Johan Ackermann, die Bulle se hoofafrigter, op dié week se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    June 10 · 19 min

    Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’

    Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    June 3 · 29 min

    Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin?

    Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    May 27 · 30 min

    Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’

    Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    May 20 · 19 min

    Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’

    Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    May 13 · 27 min

    Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’

    Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk selfs sterker as die Curriebeker”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    May 6 · 24 min

    Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt

    Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor die verreikende gevolge as die Cheetahs nie kwalifiseer nie. Ons gesels ook oor Jan Serfontein se skokuittrede uit rugby, en die Junior Springbokke se segetog in die o. 20-Rugbykampioenskap. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  • S0 · E0
    April 22 · 21 min

    Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’

    Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels. “Ons groep is nou al ’n hele paar jaar saam en die samehorigheid is goed, ons weet wat elke ander ou op die veld gaan doen. Ons was al saam deur groot laagtepunte verlede jaar en hierdie jaar het ons gesit en besluit wat ons wil bereik. Sover gaan dit goed,” sê Horn. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

Showing 1–20 of 23 episodes