Skip to content
Artwork for 'n Ma & 'n Mikrofoon
EducationSelf-ImprovementKids & FamilyParentingSociety & CultureRelationships

'n Ma & 'n Mikrofoon

Africa Podcast Network

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand.
Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"!
Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek.
Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel.
'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind.

'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom.
Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests.
The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers.
Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"!
However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed.
Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories.
'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

Play
  • 21 episodes
  • fortnightly
  • Avg 36 min
  • Afrikaans
Counted on this page — what you have heard stays on this device, so it is not something the list can be paged by.
  • #112
    Wednesday · 34 min

    Mellisa Senekal: Op pad na 50... toe word ek swanger!/ Mellisa Senekal: On the road to 50... and then I fell pregnant!

    Hoe voel dit om op 45 swanger te wees en op byna 46 vir die eerste keer ’n mamma te word? In hierdie episode gesels Mellisa Senekal met Daniëlla oor haar en haar man se sonderlinge pad na ouerskap – ’n pad van vrugbaarheidsuitdagings, miskrame, hoop en uiteindelik die geboorte van hul dogtertjie, Karla-Marié What does it feel like to be pregnant at 45 and become a first-time mom at almost 46? In this episode, Mellisa Senekal joins Daniëlla to share her and her husband’s extraordinary journe

  • #111
    July 29 · 36 min

    Veronica Ramokgoname: Aangeneem, Afrikaans, en nou ook 'n mamma/ Veronica Ramokgoname: Adopted, Afrikaans, and now a mom

    Op sosiale media stel sy haarself bekend as: "Short, Dark, and Afrikaans." Maar Veronica Ramokgoname se storie behels nog veel meer as dit. In hierdie episode gesels Veronica met Daniëlla oor hoe sy as baba deur die Van der Westhuizen-gesin aangeneem is, hoe sy grootgeword het in 'n Afrikaanse huis, en hoe sy mettertyd haar eie identiteit begin vorm, aanvaar en omarm het. Sy vertel ook hoe sy onverwags die liefde op 'n Afrikaanse afspraaktoepassing gevind het, en hoe die geboorte van haar seun

  • #110
    July 15 · 24 min

    Waarom elke ma 'n TFSA móét hê/ Why Every Mom Needs a TFSA

    Dink jy jy moet 'n finansiële kenner wees om te begin belê? Dink weer. Daniëlla gesels met Carla Venter (Money with Carla) en Carly Esterhuizen van EasyEquities oor hoe enige ma – selfs 'n tuisblyma sonder 'n "inkomste" van haar eie – haar finansiële kennis kan uitbrei, met selfvertroue kan begin belê en 'n beter toekoms vir haar gesin kan bou. Hulle praat ook oor hoekom 'n belastingvrye spaarrekening (TFSA) een van die slimste langtermynbeleggings vir jou én jou kind kan wees. * Hierdie episode

  • #109
    July 8 · 20 min

    Ontmoet die ma van 'n gesin met dwergisme/ Meet the mom of a family of little people

    Die Lowes van Middelburg trek dikwels aandag wanneer hulle as gesin op uitstappies gaan. Hoewel ma Rika van gemiddelde lengte is, is haar man, Stephen, en hul drie kinders almal kort. Dit was nie altyd maklik vir Abigail (15), Khloe (14) en Izak (12) om met dwergisme groot te word nie, maar hul ouers het hulle geleer om hulle nie aan opmerkings of boelies te steur nie. Daniëlla gesels met Rika oor hoe sy en Stephen veerkragtige kinders grootmaak, watter uitdagings hulle as gesin ervaar, en wat h

  • #108
    June 24 · 30 min

    Jo Black: "Wat elke pa moet hoor"/ Jo Black: "Wat elke pa moet hoor"

    Daar is duisende mense in die skare by sy vertonings. Maar vir Jo Black is daar net drie wat régtig saak maak: sy vrou en twee dogters. In hierdie Vadersdagmaand-episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Daniëlla en Jo oor die hart van 'n pa. Jo deel hoe sy "rowwe lewe" gehelp het om die man en pa wat hy vandag is, te vorm, en vertel van die talle uitdagings wat hy en sy vrou, Debbie, al op hul ouerskapsreis moes trotseer. Jo gee ook raad en moed aan ander pa's wat dalk voel dat die lewe hulle

  • #107
    June 10 · 43 min

    Joey Evans: Die pa wat die onmoontlike vermag het/ Joey Evans: The Dad Who Achieved the Impossible

    Joey Evans was pa van vier jong dogtertjies toe 'n ernstige ongeluk sy lewe onherroeplik verander het. Die prognose was verpletterend, maar Joey het geweier om sy storie daar te laat eindig — en wat daarna gebeur het, klink byna onmoontlik. In hierdie Vadersdagmaand gesels hy met Daniëlla oor terugslae, manlikheid, die liefde van 'n gesin en wat dit wérklik beteken om 'n pa te wees. Joey Evans was the father of four young daughters when a serious accident changed his life forever. The prognosis

  • #106
    May 27 · 38 min

    Die geheim van tieners grootmaak/ The secret to raising teenagers

    “Los jou tiener bietjie uit!” Omstrede woorde, maar dis presies wat Stefanie Minnar van “Ouer Tiener Harmonie” in hierdie episode vir ouers sê. Sy vertel vir Daniëlla hoekom tieners MOET leer om onafhanklik te wees, hul eie besluite te neem en selfs groot foute te maak, sodat hulle eendag die nes suksesvol kan verlaat. Stefanie deel praktiese raad oor dinge wat ouers sommer vandag nog moet ophou doen vir hul tieners - en verduidelik waarom sy glo matrikulante móét kans kry om ervarings soos Pl

  • #105
    May 13 · 24 min

    Tienerma vertel: “Ek was 15… en swanger” / Teen Mom Shares: “I Was 15… and Pregnant”

    In 2019 het Junandi Meyer ’n brief aan die tydskrif Baba & Kleuter geskryf. Sy was net 15 jaar oud… en swanger. “Ek is dalk jonger as die ander ma’s,” het sy geskryf, “maar my opgewondenheid is net so groot soos hulle s’n. Ek verdien ook om ’n ma te wees, ten spyte van my fout.” Sewe jaar later het Daniëlla vir Junandi opgespoor om uit te vind wat ná daardie lewensveranderende oomblik gebeur het. Hierdie is haar storie. In 2019, Junandi Meyer wrote a letter to Baba & Kleuter magazine. She was o

  • #104
    April 29 · 27 min

    Wat 'n chiropraktisyn wil hê elke ma moet weet/ What a chiropractor wants every mom to know

    Swangerskap is veeleisend op 'n vrou se liggaam - geen wonder dat dit soms met allerlei skete en kwale gepaardgaan nie! In dié episode gesels Daniëlla met chiropraktisyn dr. Michelle Beech Cloete oor hoe 'n mamma reeds voor geboorte is kan omsien na haar spier- en skeletale stelsel - veral die ruggraat. Ons praat ook oor hoe klein babatjies met koliek en ander skete gehelp kan word, en wanneer dit nodig is om anders kenners te sien. Pregnancy places significant demands on a woman’s body—no won

  • #103
    April 15 · 49 min

    "My kind se lewe was nie verniet nie” – Ma ná vroedvrou se skuldigbevinding / “My child’s life was not in vain” – A mom speaks after midwife’s conviction

    Sy het haar vroedvrou vertrou… en haar baba verloor. Ná jare se wag is Yolande Maritz-Fouchee nou op 14 aanklagte skuldig bevind. Alysia Von Kloëg-Scholtz se seuntjie, Noah, is net nege dae oud oorlede ná sy by haar geboorte geskenk het. In hierdie gesprek deel sy met Daniëlla presies wat gebeur het - en hoekom sy glo haar kind se lewe het 'n doel gehad. She trusted her midwife… and lost her baby. After years of waiting, Yolande Maritz-Fouchee has been found guilty on 14 charges. Alysia Von Klo

  • #102
    April 1 · 35 min

    Die hart van ’n plaasvrou en -ma/ The heart of a farm woman and mom

    Om ’n plaasvrou te wees, verg krag. Om boonop ’n ma én plaasvrou te wees, verg 'n SUPERKRAG! Gelukkig is Suid-Afrika vol van sulke vroue: ma’s wat elke dag saam met hul mans boer, kinders grootmaak en help om ’n plaas aan die gang te hou. In dié episode gesels Daniëlla met Deidré Viljoen van Plaas & Vrou oor die unieke uitdagings van boerdery en die moeilike besluite wat ma’s op plase soms moet neem. To be a farm woman requires strength. To be both a mom and a farm woman requires a SUPERPOWE

  • #101
    March 18 · 34 min

    Wat elke ouer van AI en Chatbots moet weet/ What every parent should know about AI and chatbots

    Kinders en tieners spandeer al hoe meer tyd met AI (Kunsmatige Intelligensie) apps wat met hulle terugpraat – van "huiswerk helpers" TOT chatbots wat soos “vriende” kan voel. Hierdie skuif van sosiale media na persoonlike interaksie met 'n AI bied geleenthede, maar ook nuwe risiko’s: kinders kan maklik persoonlike inligting deel, grense kan vervaag en AI kan selfs onvanpaste of skadelike advies gee. In hierdie episode gesels Daniëlla met digitale ouerskap- en kuberveiligheidskenner Rianette Le

  • #99
    March 4 · 40 min

    Gemolesteer as kind - nou help ek ander ouers die tekens raaksien - Annemarie Gillmer

    Annemarie Gillmer was maar 11 jaar oud toe 'n man, wat sy en haar ouers geken en vertrou het, haar vir jare begin "groom" (seksueel voorberei) het. Hy was 30 jaar ouer as sy. Sy het hom oom genoem. Dit het dekades geneem om die trauma te verwerk, maar Annemarie (wat intussen self 'n ma geword het) deel nou haar storie om ander ouers te bemagtig en in te lig. Dié episode is 'n moet-luister vir elke ouer, maar ook vir elke volwassene wat as kind self die slagoffer van 'n molesteerder of pedofiel

  • #97
    February 18 · 34 min

    Ouerskap en prestasie: Die fyn lyn tussen motivering en druk / Parenting and Performance: The Fine Line Between Motivation and Pressure

    Alle ouers wil die beste vir hul kinders hê... maar soms plaas ons, sonder dat ons dit besef, druk op hulle wat meer skade as goed doen. Wanneer sport, kultuur en akademie oorweldigend begin voel, hoe help ons kinders om hul potensiaal te bereik sonder om hul vreugde en selfvertroue te verloor? In hierdie episode gesels Daniëlla met opvoedkundige sielkundige Hennie Vorster oor hoe ouers balans kan vind tussen motivering en druk. Ons praat oor hoe om kinders emosioneel te ondersteun, hoe om hul e

  • #96
    February 4 · 46 min

    Donnalee Roberts: Een Keer Om die Son in 2026!/ Donnalee Roberts: Actress. Writer. Producer. Mom.

    Aktrise Donnalee Roberts is ook as skrywer en vervaardiger betrokke by die treffer-familiereeks Een Keer Om die Son, waarvan die tweede reeks tans op kykNET te sien is. Maar terwyl sy op die skerm ’n geskeide vrou vertolk wat nié kinders wil hê nie, lyk die realiteit by haar eie huis heel anders: Sy's getroud met Ivan Botha (ook in die vermaakbedryf), ma van twee besige voorskoolse seuntjies, én bonusma van ’n tienerdogter. Haar huis is vol, dit is besig – en dit is alles waarvan sy nog ooit ged

  • #95
    Dec 12, 2025 · 42 min

    SaffaMamma: “Ek wil my kinders kaalvoet en Afrikaans grootmaak”/ SaffaMamma: “I want to raise my children barefoot and in South Africa”

    en Afrikaans grootmaak” Sy het meer as 100 000 getroue volgelinge op TikTok -en met goeie rede: SaffaMamma is eerlik, eg, onopgesmuk en bitter snaaks! Vandag kuier sy saam met Daniëlla agter die mikrofoon. Ons gesels oor babas kry tydens lockdown, oor die isolasie daarna, en oor die terugkeer huis toe ná jare oorsee. Ons lag oor die lekker van Suid-Afrika en Afrikaans-wees, en praat ’n bietjie dieper oor “gentle parenting” en om ons eie ouerskaproete oop te kerf — terwyl ons steeds koester wat

  • #94
    Nov 26, 2025 · 34 min

    Wat ’n Tuisskool-Ma Wil Hê Jy Moet Weet (met Janet Kieswetter)/ What a Homeschool Mom Wants You to Know (with Janet Kieswetter)

    Hoe gemaak as 'n hoofstroomskool nie vir jou kind werk nie? Of as jy bloot jou kinders tuis by jou wil hê? Janet Kieswetter het die tuisskoolpad saam met haar vyf dogters gestap, en help nou ook ander ouers wat dit wil doen deur haar platform "Kieswetter Klaskamer". Tuisskool is nie vir almal nie, en dit hoef ook nie te wees nie. Maar elke ouer wat al kopgekrap het wanneer hulle moet help met huiswerk, of 'n kind het wat "anders" werk as sy of haar klasmaats, kan leer by dié ma en haar gesin.

  • #93
    Nov 19, 2025 · 52 min

    Jou dogter en sosiale media: Wat ’n tiener wil hê jy moet weet/ Your Daughter and Social Media: What a Teenager Wants You to Know

    Dit het heel onskuldig begin toe Carli van Aswegen (15) “fitfluencers” en “foodies” op sosiale media begin volg het. Maar kort voor lank was Carli obsessief oor kos, haar gewig en wat sy eet. Sy het, byna ongemerk, ’n eetsteurnis ontwikkel – een wat glad nie lyk soos die “tipiese” anoreksie of bulimie nie. In hierdie episode gesels Daniëlla met Carli, haar ma Nantie, asook dokter Reza Gouws, oor iets waarmee baie jongmense in stilte sukkel: eetsteurnisse, liggaamsbeeld en “food noise”. It all s

  • #92
    Nov 12, 2025 · 40 min

    Wilmien Davin – Vyf Jaar ná die Kalahari-brandtragedie/ Wilmien Davin – Five Years After the Kalahari Fire Tragedy

    Vyf jaar gelede het die land gerou saam met die drie gesinne wat hul geliefdes in die Kalahari-brandtragedie verloor het. Wilmien Davin en haar seuntjie Ben (toe net 15 maande oud) was onder die drie wat oorleef het – maar haar man en twee oudste kinders is in die vlamme dood. In hierdie aangrypende gesprek vertel Wilmien hoe die Here haar en Ben deur die donkerste nag en die 5 jaar daarna gedra het, tot by die punt waar sy vandag met oortuiging kan sê: “Die lewe is goed.” Five years ago, the n

  • #91
    Nov 5, 2025 · 46 min

    Wat 'n vierling se ma wil hê jy moet weet/ What a quadruplet-mom wants you to know

    Marié Janse van Rensburg het gedink sy verwag één baba – ’n kleinboet of -sus vir haar dogtertjie by die huis. Toe kom die nuus: dis ’n vierling! (En dit, glo dit of nie, sonder enige vrugbaarheidsbehandeling.) Marié sê vandag sy wéét sy is uitgekies om ’n meerling-ma te wees. In hierdie eerlike en inspirerende gesprek deel sy hoe sy deur die jare van min slaap, baie chaos en duisende doeke gekom het – én hoe dit voel om nou, met vyf tieners, terug te kyk op daardie seisoen van pyjamadril, roeti

Showing 1–20 of 21 episodes